Thanks Kendal & Johnathan, you're such sweet people! You and your family made me and all your guests feel so welcome and really cared about every person that attended your wedding! And what a wedding it was...................! We all had a ball of a time. From the party feeling with streamers and balloons outside the chapel, the photo booth where everyone could enjoy and keep themselves busy whilst taking as many fun photos as they want, ...etc.... up to the "thank-you" sweetie bags that you could fill to the top ....do I need to say more? Your generosity is endless!
Dec 15, 2013
AnneMarie & Wouter
AnneMarie & Wouter het besluit op Gabatta, naby Roodeplaatdam, om die knoop deur te haak! Dit was nou regtig 'n lekker PARTY van begin tot einde! AnneMarie is 'n bok vir sports en is so 'n vrolike borrelende mens. Wouter is hierdie groot man met die klein hartjie...............en is verseker tyd se baas......hulle twee is vol grappies en fun. Was regtig lekker om jul foto's te neem - enige fotograaf se droom! Enigiets wat ek voorgestel het was reg met hulle - ek's seker as ek gese het ons gaan in die dam foto's neem sou hul ook OK daarmee geweees het. Julle is 'n awesome kombinasie! Ek is seker al jul gaste het na die tyd lekker geslaap na al die lekker dansery en fun by die onthaal! Beslis 'n troue wat al die gaste nog vir lank gaan onthou!
Vicky & Coenie
Die dierbaarste twee mensies ! Vicky het defenitief die rekord gebreek vir die rustigste bruid ooit! Sy was so gemaklik oor alles. Maar as jy die saggeaarde Coenie beter leer ken kan jy verstaan hoekom sy so rustig is! Hy het 'n kalmte wat uit hom uitstraal. Die lange Coenie en fyne Vicky herinner mens regtig weer aan die Cinderella-tipe stories van die groot held en die klein prinsessie - hy tel haar met die grootste gemak op! (Sal my man nooit vra om my te probeer optel nie - hahaha!) Out of Africa was die perfekte plek om jul huwelik te vier - baie gepas vir julle wat letterlik duisende kilometers oor Afrika van mekaar af bly en werk! Julle is baie spesiaal!
Subscribe to:
Posts (Atom)