Apr 23, 2012

Ina-Lizé & George










Om 6 uur die oggend te trou - is UNIEK!!
Ina-Lizé en George het besluit dat dit baie spesiaal sal wees om op Paassondag om 6 uur te trou wanneer die son opkom! Wat 'n belewenis! Wie't nou ooit kon dink dat dit so lekker kon wees. Die hele gemeente was genooi om deel te wees van hierdie belangrike oomblik in hulle lewens. Ek dink almal was verbaas om te sien hoe baie mense opgedaag het. Half 5 die oggend was ons al by George - ek dink die Johannesburg se windjie was maar effens koel so by sy rooi quilt op..... Dis was regtig besonders en ons het elke oomlik saam met julle geniet! 

Silvia & Claudio























WOW, WOW, WOW!!
Have you ever seen Casa Bella's hall like this?!? - Draped from the top to the bottom..........Amazing!!! 
And everywhere was beautiful roses, roses, roses!
Silvia really showed her style and creativeness in everything!
Claudio was such a gentleman and really only had eyes for her!!! Totally understandable!
May the years ahead be as bright, colourful and breathtaking, as your wedding day!


Karien & Maans











Karien en Maans se dag kon nie meer perfek uitgedraai het nie! Die reën het weggebly, die wolke in die lug was net genoeg om die foto's ekstra "oemf" te gee , en tot die skoenlappers het op die regte tyd op die regte plek gesit - (dit nogals by 'n troue met skoenlappers as deel van die tema..........) dis nou goeie beplanning Karien! Molokwane bly maar 'n fees vir enige fotograaf en veral as mens so AANTREKLIKE paartjie het om af te neem - dit maak net die foto's nog mooier ! Arme Maans was teen die einde van die dag al styf-in-die kakebeen van al die glimlag.... Kom kuier asseblief as jul in ons omgewing is! 

Apr 15, 2012

Laurika & Anthony




















I just LOVE my job! Dis so lekker EN 'n voorreg om ander se spesiale tye/oomblikke saam met hul te deel! Anthony en Laurika het TONNE sulke oomblikke om te onthou. Die "chemistry" tussen hulle is ongelooflik! As daar nou twee mense is wat lekker saam kan lag en grappies deel is dit hierdie twee. Dis net een glimlag op die ander! 
Eva Gabor het gesê: " Love is a game that two can play and both win."  
Mag julle altyd SAAM wen!