Apr 3, 2014

Meiriechen & JP



















































Die hemel se sluise het die dag behoorlik oopgegaan en dit was net REën, en REën en nogmaals REën.... en BAIE modderplasse! Meiriechen het ten spyte daarvan geblom en stil-stil elke oomblik van haar dag geniet!
Alhoewel die boere bid vir reën het ek maar 'n gebedjie of twee opgesê vir net 'n halfuur se foto sessie buite! Toe Meiriechen en JP uit die kerk stap het almal buite gestaan met konfetti in die een hand en 'n sambreel in die ander wat beteken het dat die beplande Plaas foto's nie sou realiseer nie...........maar die oomblik toe ons by die kooperasie se store stop (die enigste met genoeg spasie onder 'n dak) het die reën ook gestop - Dankie Here! Kaalvoet in die reën was nog nooit so spesiaal nie (veral as jy nog 'n trourok ook aan het). Ons kon nie vir beter dramatiese weer gevra het nie en dit was nou behoorlik vet pret! Nie een van die bruidsmeisies was eers gestress oor hul rokke se 10cm nat some nie, dit was net FUN. ....JP en Meiriechen, jul dag sal vir meer as net een rede spesiale "memories" he...! Die onthaal was net 'n gelag en grappies van begin tot einde, die kos was uit 'n "boek" uit (soek asb daai mal lekker gestolde slaai se resep!!), die dekor asemrowend besonders en die mense het behoorlik GEKUIER - met hoofletters! Geluk julle twee! Mag die res van julle lewe vorentoe net so aksievol en spesiaal wees.... "singing in the rain"!