Dec 15, 2013

Vicky & Coenie















Die dierbaarste twee mensies ! Vicky het defenitief die rekord gebreek vir die rustigste bruid ooit! Sy was so gemaklik oor alles. Maar as jy die saggeaarde Coenie beter leer ken kan jy verstaan hoekom sy so rustig is! Hy het 'n kalmte wat uit hom uitstraal. Die lange Coenie en fyne Vicky herinner mens regtig weer aan die Cinderella-tipe stories van die groot held en die klein prinsessie - hy tel haar met die grootste gemak op! (Sal my man nooit vra om my te probeer optel nie - hahaha!) Out of Africa was die perfekte plek om jul huwelik te vier - baie gepas vir julle wat letterlik duisende kilometers oor Afrika van mekaar af bly en werk! Julle is baie spesiaal!

No comments:

Post a Comment