May 22, 2011

Karin & Marnus





















































































































































































































































Ek het lanklaas so 'n couple ontmoet wat na 9 jaar saam nog steeds so passievol en mal is oor mekaar. Jul borrel behoorlik oor met liefde! Hartjies, hartjies en hartjies was letterlik oral! Alles was so keurig en fyntjies gedoen. Jul is 'n voorbeeld vir baie ander mense! Hoop Disney World was die "cherry" op die koek!

Nicolene & Johann



















































































































































































































Nicolene & Johann is sulke goeie pelle en sulke great "lovers" - die perfekte paartjie


Jul dag was regtig uniek en vol kreatiwiteit - 'n wonderlike belewenis. Die PLAAS troue was 100% perfek vir die tipe mense wat jul is. Soos altyd het Clarissa heelwat harte gesteel - veral toe sy so spontaan haar "boyfriend" soen...

Jolene & Douwe


















































































































































































Dit was soos 'n sprokiesverhaal! Elke oomblik was "magic" en die einde gelukkig!


Ek weet sommer hul dag was alles wat hul van gedroom het. Jolene , jy't geblom van die oggend tot die aand en Douwe se onderbaadjie het heeltemaal te styf gesit van die trots!




Seënwense vir jul paadjie vorentoe!

May 4, 2011

Simònne & Duan: 30 April '11


































































































































































































Wie kon nou weet dat tussen al die dae, maande en weke van reën, reën, reën wat ons die afgelope tyd ervaar het, mens so 'n perfekte dag kon kry! Casa Bella se mooi kerkie, saal en bruidskamer maak dit maklik om 'n gewone dag in 'n sprokiesdag te verander! Duan & Simonne het hierdie spesiale dag saam al hul vriende en familie gevier en dit in 'n onvergeetlike dag verander!