Dec 29, 2013

Tharsha & Cyril
























































































Twee spesiale mensies in ons lewe! Cyril wat al jare saam met ons seuns strooi aangejaag het, op quadbikes die speelgoedkarretjies in die modder rondgetrek/gesleep het tot hul kapoet was en Tharsha wat van jonk al saam hul op die skoolbanke gesit het en al jare lank goeie pelle was .......en mekaar uiteindelik toe ontmoet het.......dit voel onwerklik om te dink dis julle wat daar voor die kansel gestaan het en huweliks beloftes aan mekaar gemaak het!  Julle dag was so ongelooflik .........! Julle het oor 'n tydperk van amper 18 maande Alles tot in die fynste detail beplan en wat 'n sukses! Van Tharsha se bruidslafie hangers en T-shirts, die koerantjie in die kapel, die drinkgoedjies na die kerk tot Cyril se geskenkpakkies vir sy manne wat hom moes bystaan met 'n flessie oemf, biltong, verskeindenheid botteltjies drank en sigare........... Alles van die begin tot die einde was 'n belewenis! En glo my, dit was 'n party-en-'n-half!! Enigeen wat dit nie geniet het nie moet sy kop laat lees! Julle twee is 'n AMAZING couple en het diep in ons harte ingekruip. Julle is 'n great team! Ons vier oor 50 jaar jul goue bruilof! x