May 14, 2013

Mimi & Ane






 






















































 
Wow neef en  nuwe nig! Wat 'n ongelooflike mooi en lekker troue was dit nie! Ek het nog nooit soveel "detail" en keurig handgemaakte dekor op een troue gesien nie! Vanaf die spesiale blaadjies in die kerk, die konfettie pakkies, blomme en vlaggies en bordjies wat jou welkom heet en jou lok om na die saal te kom, tot en met die fynste lappies en versierings op elke tafel, agter elke stoel, om nie eens te praat van die blomme, die tas van herinneringe en mooi foto's ensomeer nie -  Iets om te beleef! Jul is albei geseën met ongeloolike ouers wat so hart en siel alles ingesit het om jul dag onvergeetlik te maak! Natuurlik het die tyd verby gevlieg soos almal oor en weer gekuier nie. Dit was skoon 'n teleurstelling dat die aand verby was. Defenitief iets wat die Fairview hotel in Tzaneen, die mense van die omgewing en al jul vriende en familie nog LANK gaan onthou! Dankie vir jul gasvryheid en lekker grappies! Julle twee is BAIE spesiale mense en is perfekte pasmaats! Mag julle huwelik met seëninge gevul wees!