Oct 23, 2012

Natasha & Francois























 




Ek was lanklaas op so 'n interressante ANDERSTE tipe troue! 
Die venue, Baraka Events by die Monkey Sanctuary in Harties, was 'n 'great' keuse en het regtig unieke styl en dekor! Die perfekte plek as jy 'n natuur/dier-liefhebber is soos Natasha en Francois! 
Ek verstaan nou hoekom was Natasha en Francois so opgewonde oor hul troudag. 
Die plek se atmosfeer het soooo bygedra tot die spesiale gevoel van hul klein intieme troue. Dis nie elke dag wat die bruidspaar se gaste met (letterlik) 'n aap op die skoot moet sit nie. 
Daar was tonne vermaak vir al die gaste met die nuuskierige apies - en pasop net vir jou koeldrank..en kamera...en selfoon....en selfs die blomme rangskikkings het deurgeloop.... 
 Natasha het ook tydens die fotosessie kort-kort gestop om een van hulle te vryf en selfs haar ruiker se blomme "op te offer" vir hul middag "snack"! Jul dag was regtig bitter spesiaal en totaal en al anders! Jul het seker gemaak dat jul gaste hulself geniet - daarvan het die hoeveelheid mense op die dansbaan getuig en die hoeveelheid mense wat hulself geniet het by die photo booth ! 
Julle 2 is kosbare mensies wat sommer diep in mens se hart kruip!

No comments:

Post a Comment