Jan 6, 2012

Amury & Deon


























Wat is meer idillies as om langs die ongelooflike mooi Okovango rivier jou spesiale dag te vier!
Amury en Deon se dag was perfek maar ook nie sonder genoeg vooraf aksie en drama nie.......
Die dag voor die troue het die hemel sluise oopgegaan en almal knie-diep in die water gelaat! Gelukkig het ywerige vriende en familie gehelp om al die dekor, stoele en tafels na die nuwe onthaal area te skuif! 
Rundu sal nooit weer dieselfde wees nie.... en dit was defenitief 'n troue enig van sy soort en een wat almal vir nog baie lank sal onthou! Dankie vir julle ongelooflike gasvryheid en natuurlik die ekstra hulp en moeite om my daar te kry....AKSIE! 
Julle is almal sulke joviale, vrolike mense, by wie mens net wil agterbly om nog so bietjie langer te kuier!
Ek en Jean-Moné het 'n ongelooflike tyd gehad en genoeg spesiale herinneringe saam huistoe gebring!
Ek hoop dat die herinneringe wat ek vir jul op kamera vasgelê het net so spesiaal is!

1 comment:

  1. Kaylin Coetzee25 February, 2012

    Die kiekies lyk ongelooflik mooi, ek hoop regtig daar is nog om voor uit te sien... Amury is my beste vriendin en ek was so geeerd om by haar en Deon se ongelooklike troue te wees. Dankie Irma vir jou pragtige kiekies, dit het werklik die Pragtige dag opgevang in 'n oomblik.

    ReplyDelete