May 9, 2013

MARIZAAN & JAN















Marizaan, jy't behoorlik almal se asems weggeslaan met daai ligte pers/lilac nommertjie! Jan het self erken dat hy hard aan die knop in sy keel moes sluk toe jy aangestap kom in die kerk!  Dit was omtrent 'n gestoei om die foto's klaar geneem te kry voor die son sak - dankie dat jul met my uitgehou en bygehou het. Ons het baie pret gehad en ek't lekker vir Jan en sy broers gelag ('n volle SES broers....!!!)  - hulle is vol dinge en TIPIESE broers! MArizaan kan gelukkig wees om nou 7 broers te he en nie net een nie. Dis nou wat jy noem die ROOS tussen die dorings!

Esmari & Johnny















Noem hulle die "swan-whisperers" want oral waar ons foto's geneem het was die swane op die regte tyd op die regte plek! Ek het maar eerder my afstand gehou nadat ek 'n vorige keer amper "Deurgeloop" het - wie kon weet hul vlerke kan so 'n wapen wees..... Hedgehogs Nest bly maar bekend vir hul mooi tuine en dammetjie met die swart en wit swane! Bo en behalwe die mooi dag, die gesellige gaste kan ek opreg se dat ek uit die veld geslaan was met die 5-gang maaltyd. Dit was so stylvol en keurig opgedien en  die smaak....WOW! Daar sal nog lank gepraat word oor Esmari & Johnny se troue en voortreflike kos! Dankie, dit was 'n fees!

May 8, 2013

RUNET & BRIAN























Aspoestertjie kon net WENS haar pampoen was eerder 'n APPEL en dat haar koets so kon lyk....! Behoorlik uit 'n storieboek! En daai sexy lemmetjie groen high heels (Cinderella sou JALOERS gewees het..)...is genoeg om enige vrou daaroor te laat praat! En hoe julle "girls" se voete dit heeldag hou en so loop dat dit nog boonop gemaklik lyk ook!!!!!!! weet g'n mens nie. Toe ek Runet vra of sy haar skoene wil uittrek (nadat sy heeldag daarmee rondgeloop het), was haar antwoord dat sy dit eerder sal aanhou, want dit loop gemaklik. "Well done girl ", jy's 'n opregte skoene & handsak girl in murg en been! G'n wonder Brian het vir hierdie Cinderella geval nie! Thanks vir 'n great dag!