Nov 27, 2014
Tanya & JP
Die tweetjies kom al so 'n lang pad saam dat mens amper nie kan dink dat hul nou eers regtig getroud is nie! Dis soos Vinkel & Koljander.........en al ken hulle mekaar so goed en so lank, doen hul nog steeds die moeite om mekaar met spesiale geskenkies en briefies te verras (kyk maar na JP se gesig op die een foto....PRICELESS!!)! Elke dingetjie is tot in die fynste besonderhede deurdink en beplan. Mag julle saam tonne herinneringe bou en BAIE "priceless" oomblikke bymekaar maak, in die jare wat voorlĂȘ! Dankie vir 'n baie spesiale dag saam met twee spesiale mensies!
Oct 18, 2014
Juan-Mari & Noble
Wat 'n special dag! Ek sal nooit weer dieselfde na pikkewyne kyk nie...nie sonder om aan julle twee te dink nie! Partners for life! Om net na al die fun, gesigsuitdrukking, glimlagte en emosies in hul foto's te kyk vertel al klaar 'n storie...een van liefde met OEMF!
Jy kan nie die "spark" tussen julle miskyk nie!
Behou jul spesiale SPARK!! Julle is twee wonderlike mensies!
Subscribe to:
Posts (Atom)