Nov 6, 2012

Janelle & Jaco









 





















As daar nou al ooit 'n bruid was wat RELAXED was, dan is dit Janelle!! Sy was die ene rustigheid self! Sy't seker gemaak sy geniet elke oomblik van die dag. Jaco het ook nie teruggestaan nie en homself net so baie geniet saam met sy "manne"!
Enigeen wat hulle vooraf gesien het sou nooit kon raai dat hulle die bruid en bruidegom is nie. Ons het doodluiters grappies gemaak en gesels asof dit 'n lekker "party" was waarheen ons almal oppad was!
Maar WOW, toe sy daar in die kapel instap, het almal maar 'n traan of twee probeer wegknip en Jaco moes maar hard sluk aan daai knop in sy keel!
Ek's maar ook 'n "tjankbalie" as dit by sulke dinge kom - gelukkig kan ek agter my kamera wegkruip!!!!
Dankie vir 'n awesome tyd saam met julle. Dis soos daai liedjie van Mark Knopfler - "my life is like a storybook-story"........ jul troue was behoorlik uit 'n storieboek uit!
Julle is 'n great couple - dankie vir 'n onvergeetlike tyd! x